Rymklets Republiek Home
Rimestein
Mitchell's Plain 0000000000 rimestein@gmail.com

AFRIKAANS HIP HOP KUNSTENAAR

Daniel Denver Swartz, oftewel Rimestein, is gebore en getoë in Mitchell’s Plein. Hy’t sy woordtalent ontdek op die ouderdom van dertien, toe hy gevra was om ’n vers vir 'n Hip Hop groep te skryf. Sedertien slyp hy sy vaardighede as Afrikaanse rymelaar, MC, liriekskrywer en performer.

Hy is ’n bekende en geliefde hiphopper en het in 2010 met spoken word poetry begin eksperimenteer. Hy’t derde geëindig in die eerste InZync Poetry Slam en sy musiek speel op Bush Rado en GHFM. Hy was ook betrokke by verskeie shows soos "Tuin Van Digters" by die Breytenbach Sentrum, "Zapiro en Die Digters", die Anna Foundation, asook die CoCreateSA Cypher Session, en het collaborations gedoen saam kunstenaars soos die laat Clint "Clebo" Scholtz, digters Adrian Different Van Wyk en Hemel Besem, en is hy betrokke by verskeie kreatiewe skryfkuns-werkswinkels in die Kaap saam met ander hiphop kunstenaars, musikante en digters.

Sy floei van rym en woordspel getuig van ’n fyn oor en baie talent en hy rym nie net oor die harde bene nie, maar ook oor die sagte vleisies van coloured-wees.

Showing the single result

Google+
BLY OP DATUM!

Bly op datum met alles wat rymklets mal is! Nuwe musiek & nuus! Kom nou waarvoor wag jy?!

Ons deel inligting met niemand nie.
x