Rymklets Republiek Home

YuGii – Een Man Maats

by MC Deelow Productions

R 80

MC Deelow Productions

Description

In ‘n kort gesprek met Yugii lig hy my in dat hy wou net met sy debuut album wie hy is deur middel van musiek ten vore bring en die bekendstelling slaag sonder twyfel in dit.

Een Man Maats is ‘n vollengte album met ‘n semi-boom bap feel waarmee Yuggii sy stories vertel. Met net een feature van die legendariese HemelBesem is die titel meer as net ‘n storie, maar voorwaardelik ‘n konsep.

Sy skryfstyl is vivid en hy vertel persoonlike stories soos Man Vannie Jaar waarin die fokus op homself as persoon is wat ten spyte van struikelblokke relatiewe sukses kon behaal. Die snit bied motivering vir die luisteraar en dien as ‘n destroyer van self kritiek. ‘n Kritiese confidence kranker.

Die Tribute Song vir Mnr Maans is ‘n dokumentere snit van hoe die skoolhoof van die laerskool op Leeu-Gamka wat selfs sy liefde vir sang deur ‘n koor uitgeoefen het – sowel as ‘n kranige besigheidsman – motivering vir hom as tiener groot geleenthede en motivering as aspirant rymkletser gelewer het. “die les wat ek leer is eintlik te seer. eer wil ons te laat gee” is ‘n lewensbelanrike boodskap om eer in lewe en nie in dood aan jou mentors te gee.

As jy ‘n hip-hop ondersteuner is wat hou van stories deur middel van musiek is Een Man Maats ‘n album wat ure se energy en entertainment kan verskaf.

Die volgende tracks is ingesluit by die album:

  1. Straatligte
  2. Word Wakker
  3. Respek
  4. Twee Kante
  5. Eerste Nasie
  6. Man Vannie Jaar
  7. Ouma Kind
  8. Sky
  9. Clementine
  10. Mnr Maans (Tribute Song)
  11. Vir My Homies
  12. Ek is ‘n Ster
  13. Een Man Maats

 

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Google+
BLY OP DATUM!

Bly op datum met alles wat rymklets mal is! Nuwe musiek & nuus! Kom nou waarvoor wag jy?!

Ons deel inligting met niemand nie.
x