Rymklets Republiek Home
Sale!

RimeStein – Lat HipHop Jou Oplig

by Rimestein

R 100 R 70

Van die eerste spin is dit duidelik dat Rimestein ‘n intelligente emcee is. Sy rymstyl is iets wat die met gemaklik die taal puriste en die heads kan tevrede stel.

Category: Tags: , ,

Rimestein

AFRIKAANS HIP HOP KUNSTENAAR

Daniel Denver Swartz, oftewel Rimestein, is gebore en getoë in Mitchell’s Plein. Hy’t sy woordtalent ontdek op die ouderdom van dertien, toe hy gevra was om ’n vers vir 'n Hip Hop groep te skryf. Sedertien slyp hy sy vaardighede as Afrikaanse rymelaar, MC, liriekskrywer en performer.

Hy is ’n bekende en geliefde hiphopper en het in 2010 met spoken word poetry begin eksperimenteer. Hy’t derde geëindig in die eerste InZync Poetry Slam en sy musiek speel op Bush Rado en GHFM. Hy was ook betrokke by verskeie shows soos "Tuin Van Digters" by die Breytenbach Sentrum, "Zapiro en Die Digters", die Anna Foundation, asook die CoCreateSA Cypher Session, en het collaborations gedoen saam kunstenaars soos die laat Clint "Clebo" Scholtz, digters Adrian Different Van Wyk en Hemel Besem, en is hy betrokke by verskeie kreatiewe skryfkuns-werkswinkels in die Kaap saam met ander hiphop kunstenaars, musikante en digters.

Sy floei van rym en woordspel getuig van ’n fyn oor en baie talent en hy rym nie net oor die harde bene nie, maar ook oor die sagte vleisies van coloured-wees.

Description

Van die eerste spin is dit duidelik dat Rimestein ‘n intelligente emcee is. Sy rymstyl is iets wat die met gemaklik die taal puriste en die heads kan tevrede stel.

“Met skrif maak rym elke vers ‘n ekspidisie” – Dit is ‘n kort lyn uit die eerste snit Rymkletskuns wat die toon vir die album stel. Daar is sonder twyfel ‘n skryf tegniek wat die tegniese aspekte van poësie in ag neem. Hip-Hop is net die avenue wat ‘n natuurlike wordsmith sy talent na vore bring.

Lat HipHop Jou Oplig is ‘n rit vir die denker. Dit is verfrissend om sonder enige krutaal deur ‘n album kan gaan en ‘n sterk konsepsuele begrip van die rymkletser se visie vir die album met gemak te kry. Die denker kan verdwaal in die dieper mening van die stories, die taal fundi kan genot vind in die tradisionele skryfstyl en die hip-hop head sal sonder twyfel groot pret vind in die relaxed vibe.

Track List:

  1. Rymklets Kuns
  2. Klankpatrone
  3. Die Vaste Bewyse
  4. Lat Hip-Hop Jou Oplig
  5. Absoluut Niks (Skit)
  6. See van Heiligheid
  7. Die Vlinder Effek
  8. Beter as Niks (Skit)
  9. Die Wetenskap
  10. Heilige Saak

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Google+
BLY OP DATUM!

Bly op datum met alles wat rymklets mal is! Nuwe musiek & nuus! Kom nou waarvoor wag jy?!

Ons deel inligting met niemand nie.
x