Rymklets Republiek Home

Wanneer protes die knoppies druk  

Wanneer protes die knoppies druk  

Label: Houwtama Studios

Tracks:

>
WRAP Se Push Resensie
Frazer Barry, Hottnot God

Frazer Barry

WRAP SE PUSH – COMPILATION REVIEW

Wanneer jy ’n dokument in jou email kry met die naam van Wrap se Push, dan kan jy nie anders as om die parodie in daardie befaamde Afrikaanse kragwoord gekamoefleer as ‘n Engelse klank en woord raak te sien nie. Eintlik kan jy nie anders as om te smile nie. Die wat daaroor wil huil het altyd die keuse om aan te beweeg met hul lewens of nie…Die titel is die van ’n Rymklets Compilation album uit die stal van ’n kollektiewe groep Afrikaanse rymkletsers met a.k.a stage name en personas wat skrik vir niks en niemand. Meer as 20 van die land se mees aktiefste beatmakers, producers, Dj’s en rymkletsers het hul vaardighede bymekaar gegooi vir Wrap se Push. ’n Deel van die kollektiewe contributions kom vanaf lede van die Afrikaanse mega Rymklets kollektief, Die Broederbond asook ander rymkletsers, beatmakers en producers regoor Suid-Afrika. Soos die meeste in die rymkletsgemeenskap nou al kennis dra, was daar kreatiewe samewerking en projekte wat die afgelope paar jaar plaasgevind het, vandaar die oorsprong van die compilation.

Die onnergrondse hiphop kode het hulself nog nooit aan die blink gepolish van die commercial hip-POP gesteur nie. WRAP SE PUSH volg presies in hierdie trant met die compilation wat die middelvinger wys na als wat gepolish is.

Kyk maar net na ’n paar lyne uit verskillende tracks en jy sal ’n beter begrip kry van die passie waarmee die compilation se skeppers vorendag gekom het. Geen tekort aan die opstopperlyne nie!

“Siek vannie Dominees wat priek om mense se pension op te vriet.”                                                                   

“Siek van governments wat altyd vir ons lieg”  

“Siek van op ’n ytkyk is”  

“Die grootste kriminal dra ’n suit en ’n tie..dis hoeko ek my bek met ’n koeël laai…”

“So baie mumble oppie radio, die helfte vannie tyd moet ek my ore toe hou” Ignoreer ons, dis net ’n kwessie van tyd. Ons almal wonner hoeko issie kunsvorm honger…

“Want ons is van ’n different lap gecut, lat sak jou plak soes Mr Prit  lat sit ons die gesketse prente binne jou boek vas.”

Daar is nog ’n bekvol van hierdie punchlines wat gepak is met heavy beats.

Die compilation se OORHOOFSE TEMA is, “Ons gee nie om vir die status quo nie. Ons maak musiek soos ons wil en ons is baie min gespin oor enige reëls”. Dit is die basiese vryheid van interpretasie wat skaamteloos deur (Wrap se Push) WSP uitgebeeld word. “WRap” kan gesien word as ’n direkte verwysing na Pop musiek wat in ’n soet en kleurvolle verpakking toe ge-WRAP is. Radiostasies wat hul luisteraars pynig met suikersoet Euro en VSA gesentreerde speellyste.

WRap word dus gestoot…knoppies word dus gedruk en soos dit vir my klink, word WRAP gestoot in die rigtingwaar die WRAP SE PUSH compilation dit wil hê. Met of sonder enige persoon se toestemming of goedkeuring.

Die verskeie producers, beatmakers en samplers het seker gemaak dat daar nie ’n tekort aan beats en musical concepts was nie. Die Boombap liefde is “oorlopend” en die beatmakers het van eenvoudige tot komplekse beats en sampling tegnieke gebruik maak om hul klankbaan te skep. Wat die sampling betref het die beatmakers raakgevat deur ou ikoniese Afrikaanse sangeresse soos Laurika Rauch en Sonja Herold se musiek te sample. Dit is great dat die beatmakers en samplers bietjie in plaaslike musiek-kratte rondkrap om hul eie kreatiewe horisonne te verbreed om in die proses ander klanke te ontwikkel. Van Afrikaans rymklets se mees kreatiewe beatkings, M.O.B, Hottnot God, Breimasjien, Dj Gakkie,  Marlouw Hope en DIY, het contributions gemaak vir die beatmaking departement. (Sien volledige credits aan einde van review)

Die wonderlike voordeel van compilations en collaborations vir rymkletskunstenaars is dat jou werk of kuns langs of saam met ander kunstenaars dieselfde aandag kry. Jou platform en kans om gehoor of gesien te word is dus op daardie stadium gelyk. Die temas wat herhalend na vore kom  en deur die compilation gebind word is:

  1. die stem van protes wat opgebreek kan word in subtemas soos:
  2. Protes teen die regering se sisteme
  3. Protes teen plaaslike radiostasies se onvermoeë om plaaslike musiek te bevorder
  4. Protes teen hiphop kultuur se compromise in die pop culture

Protes-kuns is gelukkig of ongelukkig altyd kontroversieel aangesien dit bepaalde standpunte van status quo beweeg of aanraak. Ek is natuurlik ’n voorstander van protes aangesien dit sekere gesprekke en debatte oopmaak. As groot liefhebber van Afrikaanse Rymklets verwonder ek my altyd aan die tyd wat rymkletsers afstaan aan die EK en BRAVADO temas. Soms vind ek dat Rymkletsers se verwysingsraamwerk baie beperk is deur nie die temas vars aan te bied nie. Wat ek egter tydens my luistersessies gevind het was ’n gebalanseerde mengsel van baie pret, vryheid, bravado rymklets en protes. My algemene gevoel van die compilation is dat die betrokke persone baie pret gehad het in die skepping van die materiaal. Die pret element kan duidelik gehoor word in die musiek.

Die positiewe aspek vir my van plaaslike compilations soos hierdie is dat:

  1. Daar kreatiewe samewerking tussen verskeie kunstenaars plaasvind
  2. Iemand die belangrikheid gesien het van die dokumentering van hierdie groep verskeie kunstenaars se werke.
  3. Die werke is gratis en geen infringement op enige samples vind dus plaas.

Die negatiewe deel is:

  1. dat die kunstenaars nie altyd in mekaar se teenwoordigheid / studio / of onmiddelikke spasie kreatief kan wees nie.

Wanneer jy uiteindelik die compilation ’n paar keer op repeat gespeel het kom jy dan vanselfsprekend af op jou algemene verdict en gevoel oor die compilation.

  1. Standout tracks – Elke track het sy eie meriete om ’n standout track te wees aangesien elke track uniek is. Jy luister elke track vir wat dit bied en daar sal vir elkeen iets wees in hierdie compilation.
  2. Dat die compilation nie omgee vir wat die luisteraar dink nie. Die musiek is dus nie vir fyngevoeliges nie. Kragwoorde, vloekwoorde, drakoniese-beelde en allerhande tongklapklanke maak gereelde verskynings.
  3. Die kwaliteit wissel van track tot track maar ek kan nie daaroor kla nie want ek verstaan dat die compilation reeds bestaan omdat die artists beperk word tot afstand, recording space en ander faktore. Dis gratis so hou op moan.
  4. Dit is baie opvallend dat die vlak van woordkuns grootliks verskil. Met hierdie compilation kan jy ook duidelik hoor wie meer VOLWASSE is as woordkunstenaars. Dit is ongelukkig so dat nie almal op die compilation sterk genoeg oortuig nie. Dan is daar diegene wie soos ’n paal bo water staan met hul woordkuns. Vir sommige op hierdie compilation het dit ook tyd geword om nou hul aandag te skenk aan solo projekte want dit klink of hulle net op ’n ander vlak is.

Die visie van die projek wat hierdie aspek betref was helder: Dat die compilation GRATIS beskikbaar gaan wees. Dit beteken dat jou opinie oor die compilation en oor die inhoud aanvaar word as jou opinie. Hierdie compilation se titel is dus ook nie verniet, Wrap se Push nie…

CREDITS

  1. IYOH – Produced Breimasjien, Die HottNot God, Featuring Sensei Gatto, Mr DIY, Krhyme, Orkaan, Klein Fortuin, Plofstof
  2. STREET RHYMERS – Breimasjien, Chronic, Die HottNot God
  3. DERRA INTERLUDE
  4. BROEDERBOND OF VOKKOL – Produced : M.O.B, Featuring:Breimasjien, IR Dooba, Dj Gakkie, MC Dan, Die Hottnot God
  5. SAND HAAIE – Produced DJ Gakkie, Cuts deur DIY, Breimasjien, Ystertong, Imie Vannie Delft, Plofstof
  6. UNCLE DESMOND INTERLUDE
  7. EK VERLANG –Produced Hottnot God, Beat deur Caramel, Featuring: Maistro, Plofstof, Overdose, Mr Griep, Dj Gakkie
  8. LEECHES – Produced Dj Gakkie, Featuring Mr DIY, Die Hottnot God,IR Dooba,
  9. SIEK – Produced: Breimasjien, Featuring: Die Hottnot God, Kay Kinetic, Stefno, Jah Logo, Miles On Beats, Plofstof, Ginesse, Krapie
  10. MUMBLE OP DIE RADIO – Produced M.O.B, MJCB, Maistro, Die HottNot God, Slim X, Mr Hyper, AGB,
  11. VINCENT INTERLUDE
  12. FIGHTCLUB MASTER – Produced Hottnot God (Laurika Rauch-sample), (Tema – Wie regeer die Rymkletsspasie) – Featuring Dj Gakkie, Rosey Rapper, Die HottNot God, Breimasjien, Ma’am, Dj Pain
  13. VI DI LOOT – Produced deur Marlow Hope. Met Bracen kayle, Imie Vanie Delft, Die Hottnot God,
  14. REDRUM CITY – Die HottNot God, Major Woens, Spinnekop, Ashmatic, Ma’am, Mr DIY

 

Google+
BLY OP DATUM!

Bly op datum met alles wat rymklets mal is! Nuwe musiek & nuus! Kom nou waarvoor wag jy?!

Ons deel inligting met niemand nie.
x