Rymklets Republiek Home

Vlammende Verse (Volume 1)

Tracks:

>
It Was Tuff
Getuies
>
Vlak Seisoen
Vlaktes
>
Boogie Up
Jerome Rex, DJ Eazy
>
Ons Raak Weg
Gakkie
>
Musiek Innie Strate
Kay Kinetic, Gakkie
>
Gemos Vanne Dêng
Jah Logo
>
Eie Level
Jaki$ Obama
>
Vleg Pen
Jbux, Nielo
>
Lojaliteit
DCTY ft Pike
>
Yes Yes Y'all
Terror MC

Vlammende Verse wil die diversityd in die Afrikaanse hip-hop arena celebrate. Dit sal ‘n maandelikse kompilasie wees van diverse flavours en sounds.

Track List:

01. Getuies – It was tuff

Die track het ‘n ironic vibe. It was tuff praat van persistance tydens criticism en challenges, maar tog succeed dit om jou goed te laat voel. ‘n Vibey BreiMasjien produksie. Dit is van die IT WAS TUFF EP wat tans te koop is by die members.

02. Vlaktes – Vlak Seisoen

Vlaktes bring daai deep underground sound met ‘n sadistic piano wat jou van strofe to strofe sleep. Hy verklaar VLAK SEISOEN soos hy ‘n reeks EPs release in anticipation van sy opkomende album en teaser projects. Kyk uit vir VLAK SEISOEN Volume 1 & 2 in die volgende paar dae.

03. Jerome Rex – Boogie Up (Ft. DJ Eazy)

Mr Rex & DJ Eazy bring jou breakdance vibes met Boogie Up. Dit is ‘n superb track wat jou mood van die eerste beat af change. Moet net nie windmills in jou kar maak nie! Die AL JEROME album is ‘n ode tot sy musikale inspirasie, Al Jarreau en doen kreatiewe aanpassings van die oorspronklike musiek in Mr Rex se unieke soulful way.

04. Gakkie – Os Raak Weg

Gakkie aka Mr Werksperd is die keer op ‘n soulful vibe. Raak weg met jou gibbes en hou jou vinger op jou lippe oor die dinge. ‘n Lekker soulful melody! Sy hoogs populêre TRAPSKOENE series is tans in volume 4 en is binnekort op die RAPPERbliek beskikbaar.

05. Kay Kinetic, Gakkie – Musiek innie Strate

Kay Kinetic & Gakkie maak ‘n mean team en bring OV & PV saam om te praat oor die power van hul Musiek Innie Strate! Die is daai jazzy hip-hop wat jy op ‘n somersdag met die ruite af blaas soos jy reg kry vir die afkoel. Bump die track as jy chill in die jaart of cruize in die straat. Hulle wys dat contrasting rhyme styles en perspectives met gemak kan integrate as jy musiek verstaan.

06. Jah Logo – Gemos Vanne Dêng

Jah Logo is ‘n Gemos Vanne Dêng en hy bring daai hardcore underground sound in Afrikaans wat die Paarl Vallei se rymklets arena personify. Die track integrate ragga en hip-hop en remind jou net dat hip hop ‘n game is vir harde hande en tanne!

07. Jaki$ Obama – Eie Level

Die Eersterivier inboorling, Jaki$ Obama wys dat hulle movement van jong emcees en producers met die naam Cape Verse van krag to krag beweeg. Jou Ma Se Favourite Rapper (JMSFR) is ‘n opkomende projek en beloof om die moderne klank van hip-hop goed te represent en is ‘n sterk bewys dat ondersteuning in rymklets veel meer as net boom bap is.

08. Jbux, Nielo – Vleg Pen

Die veeltalige legende Jbux beweeg in sy rol as musikale mentor vir die opkomende emcees vir Port Elizabeth. Hy en Nielo gaan Verse vs Verse en die tag for tag konsep in hip-hop wat soms plat val weens die tegniese aspek om verskeie verses te integrate word perfek uitgevoer. Legend & Future legend wys dat ouderdom nie eers ‘n nommer is nie, maar ‘n belangrike aspek om ‘n mature compilation te release

09. DCTY ft Pike – Lojaliteit

Mr DIY die stalwart van boom bap in vorm van rymklets voer die keer sy rol as producer uit en wys dat die SteinKopf rymklets arena besig is om groot geeste te produseer. Lojaliteit is ‘n tematiese meesterstuk wat die jong emcees se skryf tegniek goed uitbeeld. DCTY & Pike se demands is eenvoudig. Hulle vra net lojaliteit. Die KOPFSTAD EP beloof om ‘n nuwe era van rymkletsers aan te kondig.

10. Terror MC – Yes Yes Y’all

Terror MC is een van die founding fathers van die rymklets ding. Hy doen al vir dekades sy ding as ‘n independent en Yes Yes Y’all is bewys dat experience die klank en sound mature. Die classic boom bap en flow wat die Kaapse arena personify word uitstekend uitgebeeld deur die legend!

 

Google+
BLY OP DATUM!

Bly op datum met alles wat rymklets mal is! Nuwe musiek & nuus! Kom nou waarvoor wag jy?!

Ons deel inligting met niemand nie.
x