Rymklets Republiek Home

LIKWIT – VAL BA’AL (VALBYL)

LIKWIT – VAL BA’AL (VALBYL)

Label: Wolfkraft Productions

Tracks:

>
Val Byl
Likwit

Musiek is as eindelose gemene faktor al baie lank deel van die mensdom. Dinge soos RYM en KLETS is ‘n gemene faktor. Temas soos bravado en bewussyns-klets, is ‘n gemene faktor.  Justin Madikana aka LIKWIT, Kraaifontein en Eerste Rivier se seun, en ex Fugitves lid,was ook saam met Chase Lutron en Jitsvinger deel van die groep genaamd Mo’ Style. Die gemene faktor van woordkuns en vrye rymstyle het hulle gebind. Justin se reise het hom deur donker tye geneem maar hy het homself weer gevind het toe hy terugkeer na sy passies. Sy geestelikheid en die Hip Hop kunsvorm. In sy geval, het sy liefde vir woordkuns hom ‘n wapen gegee in die vorm van ervaring. Die ervaring kom te voorskyn in sy single, VAL BA’AL (VAL-BYL).

Die WolfKraft Kamp het seker gemaak dat Likwit sy UNIEKE faktor en stempel van bewussyns-klets met gemak lewer. Die naam Likwit sinspeel natuurlik dat daar ‘n vloei is en in hierdie track doen Likwit sy naam meer as net gestand. Hy doen wat elke emcee behoort te doen met hul benadering tot bewussyns-klets. Hy is ten volle bewus van sy tema en het ‘n arsenaal van opstopperlyne, kwatryne en vloeistof wat onstuitbaar by jou ore invloei. Wat opvallend is, is dat Likwit se geloofservaringe en kennis soos ‘n helder lig in hierdie track skyn. Dit is vir my die wonder van hierdie track. Hy kry dit reg om sy geloof en waardes sterk en met oortuiging deur te lewer. Dit onderstreep die kennis-van-self se sentiment en die krag van kreatiewe skryfkuns. Die interessante deel van hierdie track is dat Ludick se beat sterk agrressiewe mistieke elemente toon, maar dat Likwit se interpretasie in sy stem presies die teenoorgestelde is. Hy doen dit rustig soos waters wat ontstuitbaar oor die dorre landskap vloei. Op daardie manier vul die produksie en stem mekaar goed aan. Moet egter nie sy rustige benadering onderskat nie. Die agressie is te vinde in sy woorde/lirieke/ryme wat met dubbel-betekenisse in jou brein se spons sink. Die gemene faktor van vasgevang wees in dit wat tot ons ondergang lei is op sy tong. Hy laat die Valbyl hard en laat dit met oortyd werk om die dinge wat bind met mening af te kap. Bevryding is die sending. Die kontras maak vir ‘n great track met Likwit wat die Ludick beat deur sy ervaring en verwysingsraamwerk interpreteer en verseker dat ons nog baie van LIKWIT se flows en opstopperlyne gaan hoor!

*LIKWIT is tans besig om te werk aan sy album genaamd, SKEMER wat in 2019/2020 die woestyn gaan benat.

Opstopperlyn uit die track: “MY MIND WERK OVERTIME, GOUE GEDAGTES WAT FLOAT.”

 

 

 

 

 

 

Google+
BLY OP DATUM!

Bly op datum met alles wat rymklets mal is! Nuwe musiek & nuus! Kom nou waarvoor wag jy?!

Ons deel inligting met niemand nie.
x