Rymklets Republiek Home

CREAM & Chase- Rogue (Ft. Juanita; Prod by mananz & Nyambz)

CREAM & Chase- Rogue (Ft. Juanita; Prod by mananz & Nyambz)

Label: Wolfkraft Productions

Tracks:

>
Rogue
Cream, Chase Lutron, Juanita

Op Die Verhoog:

Rogue is die eerste vrystelling uit die Wolfkraft Productions span. CREAM se kenmerkende uzzi styl is gelaai met illiterasies wat sirkuleer om konsonant gefokusde punchlines. Hier sal jy baie vining uitvind hoekom hulle hom die CREAM MASJIEN noem! Chase se harde punchlines wat wissel tussen humour en social challenges is ook ‘n bevestiging dat hy – sonder twyfel – die KUILA KOMMANDO is.

Die dynamic duo van CREAM & Chase se kontrasterende styl bring ‘n interessante dinamiek tot die hip-hop tafel en word goed gebind deur Juanita . Sy is ‘n solo kunstenaar wat hoofsaaklik in Engels haar musikale werk doen in die R&B / Trapsoul genres. Haar eerste enkel snit is binnekort beskikbaar en daar word gerig dat daar binnekort ‘n vollengte solo-projek uit die Wolfkraft kamp kom.

Agter Die Gordyn:

mananz is ‘n produsent wat internasionale erkenning ontvang vir sy werk. Sy catalogue sluit in produksies vir ProVerb, Pro, JR, Teargas, Captain, The Assembly, Mzansi’s Finest, eMC, Royce Da 5’9 en Wordsworth.  Nyambz het in 2004 die African Hip-Hop producer van die jaar gewen to hy nog net 19 jaar oud was. Hy is welbekend in Suid Afrikaanse hip-hop sirkels en gesogte emcees soos Zubz, Tumi, Prokid, Rattez en Ill-Literate-Skill is maar net ‘n paar van die manne met wie hy gewerk het.

Met ROGUE is dit duidelik dat die wolwe klaar gedans is in die skemer!

Google+
BLY OP DATUM!

Bly op datum met alles wat rymklets mal is! Nuwe musiek & nuus! Kom nou waarvoor wag jy?!

Ons deel inligting met niemand nie.
x