Rymklets Republiek Home

News

BROEDERBOND LEI ‘N NUWE ERA VIR AFRIKAANS RYMKLETS IN – FRAZER BARRY

Volgens die groot geeste vier die Universiele Hip Hop culture en genre hierdie jaar 44 jaar van amptelike documented bestaan. Sedert die kolonialiste die slawe vanaf Afrika, tot die uithoeke  van die wêreld geneem het, het die nageslag van Afrika die wêreld met hul kuns en kultuur op soveel plekke verryk. Hiervan is die Jamaikaans gebore legendariese Dj Cool Herc, wat as die vader van Hip Hop bekend staan ‘n bewys. Ses jaar voor die naam Hip Hop gebruik sou word as die amptelike naam het hy sy  break beats by ‘n partytjie in Amerika bekend gestel. Daar word geglo dat dit van die eerste tekens van geboorte vir die geliefde culture sou wees. Hierdie partytjie sou een van die voorlopers wees van dit wat ons vandag as Hip Hop ken. Die res is geskiedenis… Dit is dus veilig om te sê dat Hip Hop deur die kinders van Afrika die wereld in geneem is. Daar is steeds verskille oor waar, hoe en wie die belangrikste rolspelers van die modern Hip Hop culture is soos ons dit ken, ,maar in die greater scheme  van dinge is dit nie belangrik nie. Wat saak maak is dat Hip Hop en daarmee saam Rymklets, in moderne vorm gebore is. Kaapse groepe soos P.O.C, B.V.K, Black Noise en vele ander het die vlam van Afrika, die pols van Hip Hop, terug na die moederland, Suid-Afrika gebring. Vandag is Hip Hop en veral Afrikaans Rymklets een van die mees progressiewe genres en cultures in die land.

13 August 2017 News Read more

#InterVerse EP deur InZync Poetry & British Council

Die InterVerse EP is gelaai met poëtiese kennis, kreatiwiteit en aktivisme.

4 July 2016 News Read more

STREAM: DJ Azuhl & Early B – Lyn Kyk

LYN KYK is die nuutste aanbod van Early B. Die Bloemendal gebaseerde rymkletser is welbekend landwyd vir sy vermoë om te wissel tussen die vermaaklikheid van Lekke Djy & Kniëe Lam tot sy handelmerkbare vermoë om blitsvinnige ryme met ongewenaarde klarigheid te spoeg! DJ Azuhl is ‘n legendariese DJ, produsent en legendariese hip-hop magnaat.

29 June 2016 News Read more

1 2 3 9

Google+
BLY OP DATUM!

Bly op datum met alles wat rymklets mal is! Nuwe musiek & nuus! Kom nou waarvoor wag jy?!

Ons deel inligting met niemand nie.
x