Rymklets Republiek Home

Kom ons bou Kampies!

Kom ons bou Kampies!

Frazer Barry –

Die evolusie van die mensdom op die aarde word gekenmerk deur individuele persone wat hul ontstaan en identiteit vind in die unieke kulturele praktyke en ervaring van hul onmiddelike omgewing. Hieroor kan ons ‘n baie lang gesprek het maar eevoudig gestel: Ons almal word gebore in ‘n bepaalde groep, ‘n bepaalde tyd, ‘n bepaalde kultuur, bepaalde omstandighede, bepaalde taal ens. Hierdie unieke omstandighede beinvloed ons om op ‘n sekere wyse te dink en te reageer op die unieke situasies waarin ons onsself bevind. Almal se ervaringe en interpretasies van daardie omstandighede is uniek en verskil hemelsbreed, so en so dat dit moeilik is vir die mensdom om as ‘n geheel saam te stem oor ‘n saak. Alhoewel hierdie unieke omstandighede ons in ‘n mate vorm, het ons steeds ‘n keuse en ons het die vermoee om daardie unieke omstandighede te gebruik om in ons guns of teen ons werk.

Die voordele van hierdie gedeelde ervarings en kultuur veroorsaak dat ons onsself lable met ‘n identiteit of naam waarvan ons hou. Hierdie identiteite vind eie-soortige identiteite met min of meer dieselfde belangstelling en visie wat dan saamwerk onder een banier om hul doelwitte te bereik. “Birds of a feather flock together”

Onder hierdie banier groei ons dan soveel selfvertroue, dat ons hierdie identiteit of kultuur begin afdwing op ander kulture/subkulture ens…Die waansin van EK IS BETER en ONS IS BETER as hulle sindroom begin dan kop uitsteek. Die ontwikkeling van die mensdom is deurspek met hierdie gevalle. Daar is baie voorbeelde van die EK IS BETER sindroom wat dinge soos kolonisasie, slawerny, apartheid, om slegs ‘n paar te noem, teweeg gebring het. Die begeerte van die een mens of groep wat voel dat hy of hulle verhewe is oor ‘n ander en dat hulle dinge beter doen en in so ‘n mate die ander groep verdryf of nie ‘n plekkie in die son gun nie. Ons weet egter almal dat dinge nie eenvoudig is nie en dat elke persoon of groep ‘n rol het om te speel in die ontwikkeling van die mensdom in geheel.

Wat het dit met ons rymkletskultuur te doen? Daar is‘n paar paralelle wat ek wil trek in bogenoemde inleiding wat betrekking het tot ons Rymkletsmusiekkultuur. Ek wil graag een van die mees belangrikste, indien nie die belangrikste faktor tans in Afrikaanse Rymklets Musiek uitwys en dit is die belangrikheid van die BOU VAN KAMPIES. Vir my persoonlik is die verskillende kampies in die Afrikaanse Rymklets Musiek nie ‘n slegte ding nie. Dit is die broeikas, die kweekhuis en die kweekskool van die Rymklets republiek beweging!! Ek kan dik boeke skryf oor hierdie onderwerp maar ek dink dat indien ons ten minste kortliks inzoom, ons almal ‘n positiewe dialoog kan begin oor die kampies en dit analiseer vir wat dit is en nie dit sien as iets wat sleg is nie. Anyway, hier is my twee sent.

Die land se Afrikaanse Rymkletskultuur kan demografies in streke soos Noord-Kaap, Oos Kaap, Suid-Kaap en Wes-Kaap opgedeel word. Hierdie streke weer het ‘n ander demografiese samestelling soos bv “Landelike /Country-side” en Voorstedelik/Suburban. Die Landelike en Voorstedelike distrikte is weer in dorpe en woonbuurte opgedeel met hul eie sub-kulturele invloede. Hierdie invloede sluit in mode, musiek en buitemuurse aktiwiteite of net aktiwiteite oor die algemeen. Hierdie aktiwiteite het weer ‘n invloed op hoe ons dink, praat en dinge doen.

Dit is dus baie nice om te sien hoe elke streek hul eie styl van Rymkletsmusiek deurbring. Defnitief beinvloed deur ‘n groot deel van bogenoemde kulture. Die manier van rymklets en die Afrikaanse taalgebruik is vir my iets baie spesiaal om te hoor. Ons is dus almal uit die staanspoor uniek en het almal unieke benaderinge tot Rymklets musiek. Die rede hoekom ons musiek maak verskil ook van persoon tot persoon en van sub-kultuur tot subkultuur. Elke kunstenaar word deur iets anders aangevuur. Ons motiewe, die redes hoekom ons dit doen verskil van persoon tot persoon,

Die musiek / liriek en filosofie wat ons dus deurbring in ons klank is deurspek met invloede van so baie eksterne omgewings en interne interpretasie van daardie invloede. Elke Rymkletser se verwysingsraamwerk kan dus hemelsbreed verskil van ‘n ander s’n. Elke rymkletser en kampie het dus iets unieks om deur te bring. Dit is iets wat ons baie gou moet erken en aanvaar want a.g.v van daardie kampie se unieke geur, word die Rymkletsbeweging verder uitgebou.

Daar is al hoe meer kampies in die Rymkletsbeweging wat gebou word en niemand het beheer daaroor nie!! Dit is vir my so ‘n dydelike ding want dit se vir my dat daar samewerking is tussen ‘n groepie rymkletskunstenaars wat dan op hulle beurt mekaar ondersteun om hul kunswerk verder te stoot as net die slaapkamer!

Ek hou van Kampies in die HipHop en Rymklets-kultuur! Hoe gaan ons ooit daarsonder kan ontwikkel en oorleef? Dit behoort nie iets snaaks te wees om in ‘n kampie te wees nie brothers en sisters! My naam vir kampies bou is VENNOOTSKAPPE / AGREEMENTS / PARTNERSHIPS.

Kampies is die rede hoekom Rymkletsmusiek so floreer en ‘n opwaartse kurwe toon! Kampies is die rede hoekom daar sulke unieke styles van rymkletsers, rhyming, beats en musiek uitkom! Kampies is die rede hoekom daar af en toe ‘n brood gebreek kan word. ‘n Parkjam organize kan word.

Sommige kampies is meer prominent omdat hulle bietjie meer insit as ‘n ander maar daar is nie ‘n onbelangrike kampie in die Rymkletsgemeenskap nie. Elke kampie se aandeel tot die groei van die Rymkletsmusiek beweging is massief en hoe gouer rymkletsers dit besef hoe beter!

Daar is ook verskeie kampies wat uit hul eie zones beweeg en saamwerk met mekaar. Die voordele van so ‘n groter netwerk is legio. Daar is ook kampies wat negatief en afbrekend is, maar dit is maar deel van mens wees. Jy sal dit op enige plek, organisasie, geloof, ras, kultuur en omgewing vind. Waar die goeie is, sal die slegte altyd wil afbreek en daai slegte sal altyd uitmis op iets spesiaals. Hoekom ‘n kunstenaar soveel tyd spandeer om ander te probeer oortuig dat iemand anders sommer nwatta is se logika wil ek baie graag nog begryp. My logika se vir my, spandeer liewer daai energie om jou eie kuns te ontwikkel!!

Ons is nietemin almal ‘deel van ‘n wonderlike musiek beweging en ons almal deel dieslfde passie vir die musiek. Almal is nie op dieselfde vlak nie en almal groei net soos wat hy homself gee vir sy kuns. Solank ons net ons ding doen en nuwe musiek /beats / rhymes en vriende maak deur rymklets is ons besig om goed te doen vir die culture.

Wat is van die voordele van so ‘n kampie?

  1. Almal gooi hul skills, experiences en resources in een plek en almal begin dit te deel met die oog op groei.
  2. Jy leer hoe om in ‘n spanverband te werk om jou doelwit te bereik.
  3. Jou skryfkuns en styl het ‘n onmiddelikke audience en kan dus net daar en dan aandag kry vir kritiek of verbetering.
  4. Jy leer om krities te wees op jou eie kuns en jy leer om dit te ontvang sowel as om opbouende kritiek uit te deel.
  5. Jou selfvertroue kry ‘n hupstoot want jy gaan nie dieselfde rymkletser wees as wat jy was toe jy begin het nie.
  6. Jy raak deel van ‘n brother-hood of sister-hood wat nie net jou musiek ervaar nie, maar wat ook jou personality ervaar.
  7. Jy leer van humility en hoe om differences te overcome.
  8. Jy is ‘n ryker mens in so baie aspekte van jou lewe want jy leer ‘n skill wat jy nooit gehad het nie!

Wat is die uitdagings van so ‘n kampie?

  1. Sommige moet harder werk as ander agv van hul individuele ervaring. Dit kan wrywing veroorsaak wat die einde van die vriendskap kan wees.
  2. Dit kan moeiliker raak om te begin kritiek lewer soos almal groei in hul kuns in die pride begin inskop.
  3. Die lede in die kampie se groei-tempo kan verskil van persoon tot persoon en dinge soos jaloesie, insecurities en ander faktore kan dit baie moeilik maak vir die kamp om voort te bestaan.
  4. Nuwe dinge soos studies, marriage, persoonlike doelwitte en jou werk maak dit moeilik om jou commitment 100% deur te bring.
  5. Die gevaar dat die kampie waarin jy jouself bevind geen groei toon nie met ‘n piep-klein siening oor die werld. Met ander woorde, jou wereld is baie baie klein en jy nie daaruit nie.

As ek so na die social networks kyk sien ek verskriklik baie kampe en ek wil julle salueer vir die belangrike rol wat julle speel om die beweging te ontwikkel. As julle nie doen wat julle doen nie, is daar nie hip hop soos ons dit nou ken nie. Viva die kampe. Dit is die lewensaar van die Rymkletsbeweging. Dit is die plek waar jy die eerste keer gerymklets het. Aanvaar is. ‘n Audience gehad het. Dis jou fondasie. Dis jou wortels.

Salute!! Vrede! Aweh! Shalom! Ahoi! Isja!

29 October 2015 News , ,

Leave a Reply

Newsletter

Google+
BLY OP DATUM!

Bly op datum met alles wat rymklets mal is! Nuwe musiek & nuus! Kom nou waarvoor wag jy?!

Ons deel inligting met niemand nie.
x