BOESMAN BARBIE - KAECEE (Prod by BreiMasjien)

INTRODUCING : KAECEEĀ 

My naam is Kerischnie Christin Pheiffer .Gebore op die 26ste Mei 1998, in Ceres Hospital.
Ekt vanaf 10 gedink ek is n professional rapper, musiek vloei deur my are soos bloed.
Altyd musiek gemaak met my jongste broer. Hyt my altyd gemotiveer om te skryf en myself te wees. Totdat Brei my kom vind het.
Ek lees, ek dans, ek teken en ontwerp. Ek kan letterlik enige iets doen waarop ek my mind sit .
Ek is n tattoo collector. My lewensverhaal dra ek op my lyf, elke tattoo is n struikelblok wat ek oorkom het. Ek is n family mens. Hulle kom altyd eerste.
My Ma is my beste vriendin.
My favourite quote is " sin expectativas, no decepciones " dit lees "geen verwagtinge, geen teleurstellings"
Ek respekteer enige iemand, wat my respekteer, oud jonk, gesond siek, arm ryk.
Ek is die jongste van 4 kinders en eks hardegat.
Download BOESMAN BARBIE - KAECEE :

Attached Files:

FileAction
1. KAECEE - BOESMAN BARBIE (BarBarr Productions).mp3Download 

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.