Rymklets Republiek Home

Recent posts: mcfrazer

BROEDERBOND LEI ‘N NUWE ERA VIR AFRIKAANS RYMKLETS IN – FRAZER BARRY

Volgens die groot geeste vier die Universiele Hip Hop culture en genre hierdie jaar 44 jaar van amptelike documented bestaan. Sedert die kolonialiste die slawe vanaf Afrika, tot die uithoeke  van die wêreld geneem het, het die nageslag van Afrika die wêreld met hul kuns en kultuur op soveel plekke verryk. Hiervan is die Jamaikaans gebore legendariese Dj Cool Herc, wat as die vader van Hip Hop bekend staan ‘n bewys. Ses jaar voor die naam Hip Hop gebruik sou word as die amptelike naam het hy sy  break beats by ‘n partytjie in Amerika bekend gestel. Daar word geglo dat dit van die eerste tekens van geboorte vir die geliefde culture sou wees. Hierdie partytjie sou een van die voorlopers wees van dit wat ons vandag as Hip Hop ken. Die res is geskiedenis… Dit is dus veilig om te sê dat Hip Hop deur die kinders van Afrika die wereld in geneem is. Daar is steeds verskille oor waar, hoe en wie die belangrikste rolspelers van die modern Hip Hop culture is soos ons dit ken, ,maar in die greater scheme  van dinge is dit nie belangrik nie. Wat saak maak is dat Hip Hop en daarmee saam Rymklets, in moderne vorm gebore is. Kaapse groepe soos P.O.C, B.V.K, Black Noise en vele ander het die vlam van Afrika, die pols van Hip Hop, terug na die moederland, Suid-Afrika gebring. Vandag is Hip Hop en veral Afrikaans Rymklets een van die mees progressiewe genres en cultures in die land.

13 August 2017 News Read more

Uit die Pen: Hell-P (Frazer Barry Review)

Die Hottnotgot het die afgelope tyd gedreig om sy emosies en sy verwronge onderbewussyn op die Rymklets gemeenskap en Hiphop-koppe los te laat en hy stel in tipiese Hotnotgod-styl nie teleur nie. Een van sy lyne saam met die Worcester emcee, Challo is soos volg: “Ek is ‘n morsige vark die Hotnotgod is soms onbeskof” en dan gaan hy verder deur te se: “Elke aand voor supper, dan skink ek vir my ‘n dop van jou vrou se period sop”. Hy slaag daarin om jou te walg en om jou te laat lag of moet ek se huil? Met sy rou bek en nog rouer sin vir die obskure onderbewussyn, raak hy dit aan wat die mensdom nie wil hoor nie maar tog besig is om op een of ander manier hulself daaraan skuldig te maak. Almal krap in hul neuse. Almal sit op die toilet. Almal ken iemand wat so embarrassing is soos die snot op jou lip wat gesien word maar niemand jou van wil sê nie! Of die etter in jou oog wat almal sien maar niemand die moed het om vir jou daarvan wys te maak nie!

23 September 2015 News Read more

1 2

Newsletter

Gesigboek

Google+
BLY OP DATUM!

Bly op datum met alles wat rymklets mal is! Nuwe musiek & nuus! Kom nou waarvoor wag jy?!

Ons deel inligting met niemand nie.
x