Rymklets Republiek Home

Terror MC

Biography

Nazeer Abdol is ‘n naam met mie weeste mense nie bekend is nie, maar dus die geboortenaam wat aan een van Suid Afrika se mees gesoute rymkletsers gegee is. Hy is natuurlik beter bekend as Terror MC!

‘n Klein Bietjie Geskiedenis:

Hy is in Kraaifontein (1985) ‘n klein dorpie in Kaapstad gebore; tydens ‘n tydperk van politiese onrus. Waar hy as jeug baie struikel blokke moes oorkom om bekend te raak as een van ons mees prominente emcees.

Hy ondervind dood (en ja, hy het actually gesterf) en wedergeboorte en die newe effekte hiervan is iets wat enige man sou kon breek. Dit was as gevolg van ‘n tragiese ongeluk wat sy hele liggaam van balans af gesit en en ook swelling op die brein veroorsaak het. Dit word gevolg deur gereelde “besoeke” na juvenile sentrums en ‘n vinnige toer deur die welbekende Pollsmoor. Hy was wel onskuldig bevind – alles dit net voor die ouderdom van 17. Hy oorleef dit net deur ‘n diepe dors vir kennis, ‘n skerp tong en ‘n brandende passie vir hip hop.

‘n Rede om te fight:

Kraak vars uit die “rehab network” en die blue collar segment van die gemeenskap ontdek hy sy alter ego Terror MC – hier begin sy storie…

Gewapen met net ‘n backpack, ‘n paar beats van Hipe (voormalige rymkletser en producer” ) gooi hy homself in ‘n wêreld waar dit elke man vir homself is. In ‘n baie kort tydperk was Terror gesien op elke verhoog en sy naam het bekend geword op elke kampus en gemeenskap radio stasie – so ver as Kanada!

Wat volg to volgende?

‘n Mixtape a la’ Terror MC – kliphard en ombeskof! Dus wat jy kry wanneer daar ‘n inter-kultere collaboration was tussen Angolese DJ en Producer Di Cavere en die rou, kan nie gepla met die maan wees nie Afrikaans Emcee!

Terror MC speel toe ‘n baie belangrike rol as een van die oorspronklike lede van die Afrikaans Super Crew RAPBELS. Dit was saam met Pheonix, die helfte van Infuse en voormalige Sonz of Azguard lid Bracen Kayle (toe bekend as Eddie Scabz) en BruinStormaz lede Cream en Smoke.

Almal hier bo fokus toe later op hulle solo loopbane en dieselfde geld vir Terror.

Hierna tree hy op by die Fire on the Mountain Festival, Bootleg Driveby en African Hip Hop Indaba.Dit ly hom tot by D Planet en hy kry toe ‘n plek op die gesogte Planetary Assault Mixtape.

Google+
BLY OP DATUM!

Bly op datum met alles wat rymklets mal is! Nuwe musiek & nuus! Kom nou waarvoor wag jy?!

Ons deel inligting met niemand nie.
x