Rymklets Republiek Home

Slim-X

Biography

Gebore en grootgemaak in Paarl. Earl Rafael Davids aka Slim-X begin sy eie musiek te skryf vanaf ouderdom 12. Dit nadat hy bekend gestel word aan hip-hop deur sy vriend Deanin Williams.

In skool was hy altyd besig om ryme neer te skryf agter op sy vraestelle en tydens vry periodes. Sy grootste musikale invloede kom vanaf Bone Thugs & Harmony sowel as Eminem. Hy was ‘n Engelse mc tot op ouderdom 18 – dus toe hy besluit het om sy homself in sy moedertaal – Afrikaans – te begin uitdruk.

Die eerste afrikaanse treffer wat hy opgeneem het was  “Is Word”. Die kindersr in die gemeenskap het daarvan gehou en dit motiveer hom om sy tweede track “Wys jou muis”(ft. Les en Pang) op te neem. Hier begin sy storie.

Hy word bekend gestel aan Panaikz deur DJ J-Efx en dit lui tot opnames by sy huis. Ek vervaardig beats ook, maar staan altyd in die skadu van sy broer Sean Robert Davids, of te wel Sean-D. Dus toe hy besluit het om te begin fokus op sy kuns as rymkletser. In tussen begin hulle jonger broer, Luther Andrew Claude Davids aka Ludick ook sy talente as vervaardiger beoefen wanneer hulle nie by die huis was nie.

Slimi-X werk op tracks saam met Mc Potlood Punt, Rashid Kamalie, Les, Hakkiesdraad Hartman, K.O., Panaikz, MC Cole, Jaak, Dokter Kapnoudis en Ally G. Hy werk tans aan sy eerste vollengte album genaamd RymkletsMeesterbrein.

 

Google+
BLY OP DATUM!

Bly op datum met alles wat rymklets mal is! Nuwe musiek & nuus! Kom nou waarvoor wag jy?!

Ons deel inligting met niemand nie.
x