Rymklets Republiek Home

Chase Lutron

Chase Lutron

Biography

Lee Fortuin aka Chase Lutron was gebore in Kaapstad, Suid Afrika op 14 Desember 1983. Onder moeilike omstandhede het sy ma hom grootgemaak. Hulle het baie rondgetrek, maar het toe hulself in Kuilsrivier gevestig.

FLASHBACK:

In 1992 het hy begin rap na hy een van sy vriende Fresh Prince of Bel Air se theme song vir hom gerap het. In 1995 het hy sy eie lirieke begin skryf, maar het eers bekend geraak met die Hip Hop kultuur in 1997 – en dit nogal as ‘n Bboy!

Sedertien is hy ‘n ambasadeur vir HipHop in die Kaap en is een van die eerste generasie rymkletsers in die Kuilsrivier area. Hy het homself daarop gefokus om Afrikaanse Hip Hop (rymklets) te promote, veral nadat hy ‘n crew met die naam van Le-co Boys gehoor het. Toe Chase gesien het hoe Le-Co boys kon entertain en terselfdertyd kinders leer by Sarepta Hoër deur te beatbox, ragga en straat cyphers – hier vind hy sy liefde vir die kultuur en kuns.

In die jaar 2000 bevriend hy homself met Quinton Goliath (destyds toe nog Apocalypse). Vandag is hy die welbekende Jitsvinger. Quinton stel vir Chase voor aan Justin Madikana aka Likwit en saam vorm hulle ‘n groep met die naam MO-Style. MO-Style ontwerp toe ‘n rymskema in Afrikaans wat baie uniek was. Dit was gedoen deur wetenskaplik in Afrikaans te skryf en op te tree.

VANDAG:

Deesdae is Chase deel van ‘n groep met die naam Antioch en dien ook as voorsitter van ‘n organisasie met die naam Project Break Free. Hulle is ‘n kombinasie van emcees, bboys en dj’s wat saamwerk in die gemeenskap. Lesse word aangebied in die verskeie elemente van die HipHop kultuur en strewe ook daarna om die jeug met die nodige life skills te bewapen, sodat hulle beter grootmense kan wees.

Chase is welbekend vir sy ingewikkelde rymskemas (assonansie) en ‘n tradisionele skryfstyl wat met gemak oorgedra word op musiek. Hy is te hoor op Antioch se EP Stay Tuned, Project Break Free se Mixtape en sy onlangs vrygestelde album Legkaart: Die Kruis & Die Kroon. Die derde single van die album, genaamd Kalsium, was vervaardig deur Wayne “Hipe” Robertson en was eerste op die GoodHope FM HipHop Top 30. Dit het ook in die top 20 van Radio CCFM se HipHop show gestyg!

Sy legkaart was gedoen ter nagedagte van sy vriend, Isaac “Bboy Ice” van Wyngaard, wie tragies vermoor was in December van 2010. Hy het groot media dekking ontvang vir sy werk met Project Break Free en was ook te sien op SABC 1 se Spirit Sundae.

Google+
BLY OP DATUM!

Bly op datum met alles wat rymklets mal is! Nuwe musiek & nuus! Kom nou waarvoor wag jy?!

Ons deel inligting met niemand nie.
x