Rymklets Republiek Home

Bracen Kayle

Biography

In ‘n musiek loopbaan wat amper twee dekades strek bevind Bracen Kayle sy oorsprong in die wel gevestigde Hip Hop ondergrond van Kaapstad . As ‘n voormalige graffiti kunstenaar, het hy begin rym saam met NDINGU MFANEKISO, vanaf Paarl, met wie hy ook in ‘n groep was. Brace, wat op daardie stadium nog onder die alias EDDIE SKABZ opgetree het, vorm ‘n vriendskap met die nou afgesterfde vervaardiger / emcee Panaikz.

Hierna werk hy met die welgevestigde School of Thought, asook Boesman Kamp. Hy word ook een van die stigterslede van die Rymklets groep RAPBELZ wat se lede bestaan uit Terror MC, Bracen Kayle, CREAM, Bitter en Phoenix.

Hy werk toe met die Kuilsrivier gebasseerde groep Suburban Menace, waar hy ‘n lid vorm van die span wat die welbekende Lyrical Warfare gestig het. Sedertien 2012 sny hy alle bande met hulle na drie jaar as ‘n kunstenaar op die groep se onafhanklike maatskappy genaamd, MobCow Productions.

Hy werk tans aan sy eerste solo vollengte album, asook sy mixtape wat in samewerking is met die Worcester gebasseerde Chalo en SlagYsta.

 

 

Google+
BLY OP DATUM!

Bly op datum met alles wat rymklets mal is! Nuwe musiek & nuus! Kom nou waarvoor wag jy?!

Ons deel inligting met niemand nie.
x