Rymklets Republiek Home

Barendz

Biography

Denroy DIE BARHEID Barendz is sonder twyfel ‘n onteenseglike hip hop sensasie! Sedert 2011 wen hy elke kompetisie waarvoor hy inskryf in die hip hop arena.

Na hy sy debuut gemaak het by Hip Hop Wednesday’s, wat deur Surbuban Menace aangebied word, wen hy die MixTape Sessions ‘n ongelooflike DRIE KEER in ‘n ry! Met nuwe moed verskyn Barendz toe by verskeie gigs in Kaapstad, saam met die SAMA genomineerde Byron Clarke.

Om die suksesvol te wees, is nie sy enigste doelwit nie. Met die gevolg bring hy toe hip hop  terug na sy tuisdorp Elsies Rivier. Hy vorm toe ‘n koalisie met Elton Olivier, die eienaar van Musical Swagger Productions. Hulle skep toe ‘n groep, wat groei na ‘n handelsmerk BBS. Om ‘n hip hop bewussyn te skep en om nuwe talent te vind was die mission! BBS word toe ‘n platform vir jong talent om nuwe talent te ontwikkel. Met die hulp van REO BY NITE, bou BBS toe aan ‘n weeklike hip hop aand.

Behalwe dat DIE BARHEID nou ‘n groot naam is, is hy ook ‘n leier en ‘n ambassadeur vir die jeug in sy gemeenskap.

Barendz het onlangs sy debut mixtape, Ek Praat onder Musical Swagger Productions vrygestel en werk tans met Chella83 aan ‘n ambiseuse projek wat beoog om die grootse mixtape ooit vry te stel!

Hy is ook binnekort te luistser op Hemel Besem en Isaac Mutant, twee rymklets ysters, se solo werke,

Google+
BLY OP DATUM!

Bly op datum met alles wat rymklets mal is! Nuwe musiek & nuus! Kom nou waarvoor wag jy?!

Ons deel inligting met niemand nie.
x