Rymklets Republiek Home

Afrikaansebet –

Afrikaansebet –

Toe Chase na my uitgereik het vir ‘n exclusive was ek baie excited. Dis nou tot ek gehoor het dit is ‘n alfabet rympie storie. Nou moet my nie verkeerd verstaan nie… Ek is nie ‘n hater nie, maar daar was so bietjie skepticism. Hoe op aarde kan ‘n mens nou dit doen sonder dat dit cheesy is. Veral na daai bom van ‘n track ROGUE – alfabet rympies… ek mean ma. MAAR – toe die track val, was ek pleasantly surprised. Ons moes toe die hoof rymklets analyst Frazer Barry inroep om die kompleks, maar tog entertaining rymskemas onder die vergroot glas te sit…

Frazer skryf as volg – en dit is ook die einde van die mengels… hoop jou WAT is handig!:

Chase Lutron se Afrikaansebet maak oop met die volgende lyne : “Afrikaanse alfabet alleterasies aangeheg…”. Hierin lê die krag van die lied.

Dat ‘n Rymkletskunstenaar sy invalshoek op eiesoortige manier ‘n eenvoudige, alledaagse tema soos die alfabet, afgestof en dit met ‘n stylvolle nuwe baadjie aangetrek het. Chase Lutron neem jou van die van die een na die ander vers  en stop jou kop vol alleterasies wat een na die ander ontplof soos die man sy tema huistoe dryf. Die  alleterasie is natuurlik die tuig wat jou na beelde van mooi pensketse en opstopperlyne neem. Jy vind dat Chase se lirieke harder praat as enige iets anders (soos dit hoort), maar dat dit goed ondersteun word deur die musiek. Dit skep ‘n mooi balans van drama, intensiteit en sielvolheid.

Chase Lutron slaag daarin om die luisteraar tot die einde geboei te hou. Die kersie oppie koek is dat hy relevant en in die oomblik beelde vaslê wat universieel SuidAfrikaans sowel as Afrikaans is. Alles dinge waarmee ons kan relate. Indien jy dit nie op repeat het nie, het jy nie rerig geluister nie, want die sintaks van Chase was fyn uitgewerk soos ‘n waardige woordkunstenaar wat sy eie loopgraaf grawe, op sy eie baan hardloop  en sy eiesoortige rymskemas vaslê.

Dit is  wonderlik om te sien hoe die Afrikaanse Rymkletskunstenaars eienaarskap vat van hul kuns deur hul kuns die tyd en aandag te gee wat dit verdien. In die geval staan Chase Lutron se bydra van die AfrikaanseBet, op ‘n plek waar klassieke liedjies gebore word. Liedjies wat die tyd sal deurstaan.   Dit gesê, Chase Lutron stel ‘n nuwe standaard vir homself en as jy na AfrikaanseBet luister, gaan jy verstaan hoekom.

Die lyric video drop Maandag, so maak seker julle volg Wolfkraft Productions op facebook!

17 November 2017 News ,

Leave a Reply

Newsletter

Google+
BLY OP DATUM!

Bly op datum met alles wat rymklets mal is! Nuwe musiek & nuus! Kom nou waarvoor wag jy?!

Ons deel inligting met niemand nie.
x